Woorde wat beelde skep: Piet Magriet

Woord in Engels: 
Hierdie gedig het reeds 51 kommentare ontvang op die Woesblad! Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Piet Magriet vir toestemming vooraf verleen vir die uitstal van jou praglyne

INSIG: Deur Piet Magriet
Met my kierie in die hand
loop ek tot by die strand
en maak my tuis op ‘n rots
nie te ver van die kant.

Ek sien hoe die dynserigheid uit die see opslaan
en oor die berge vou,
hoe die wind ruk en pluk aan my rou
as ek onthou van wolke
met Josef se droomkleed aan.

Ek proe die reuk op my tong
wat uit die mis oor die water kom.
Ek sien die wit seeperdjies wat speels
oor die branders wip
en weer sagkens verdwyn.

As die laatmiddag se snoekgeur
die kamers van my onthou binnesluip
en met alle mag boontoe beur
dan sien ek die vissersbootjie wieg in die water
en die houthuisie se weerkaatsing in die rimpels.

As ek perongeluk
op die kerriebos trap
en die bitter reuk van onthou klap my teen die hart
dan probeer ek deur die golwe van duisternis gly,
by al die vrae verby,
terug na die dae,
toe ek nog kon sien.
©