Woorde wat beelde skep: Piet Magriet

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Piet Magriet vir die leen van haar praglyne.

Liewe Ouers,

Droefheid van verlange het my krom getrek
en ek sukkel om dit te verwerk,
Ek val op my knieë neer
en probeer my bes om dit te keer.
So geboë probeer ek alles in my vermoë
om die golwe van die seerkry te ry.

Spasmas in my borskas en spiere
skeur my uitmekaar.
Die knop in my keel laat my smoor.

My hart is in 'n klemskroef
tot die uiterste beproef.
My oë wil uitpeul
en my kop wil bars.
My keel is skrynerig* rou
van al die onthou.

Hondsdolsnikke
skeur my lyf
en trap my siel.
Ek gryp na die plek
waar onthoudolke
my hart oopvlek.

Snikke skeur my bors
en die trane vloei,
dan roep ek skor:
Die dood het my geboei
my geketting
my behandel soos 'n hondsvot.*

Eers my broer
toe my kind
ek was nog naak
van smart
toe hy vir julle kom vat
so een
vir een
©

*hondsvot – veragtelike persoon.
*skrynerig – ‘n brandende pyn.