Woorde wat beelde skep: RUDI COETZER

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Rudi vir die leen van hierdie praglyne.

RUDI COETZER: Feezeframe (20)
Die beeswagtertjie
dut verveeld,
sy rug moeg gestut
teen die warm skurf
van die rots.

Vyftig meter weg
maak die Brandwag
skril alarm.

Die bobbejaan trop
spat suutjies uitmekaar
en soek skuiling .

Die luiperdmannetjie
stil honger nader
in die sku skaduwees
van die laatmiddag son.

Twee dae later
kry die soekgeselskap
die beeswagtertjie se lyk ,
ongevreet in die braambosse
by die voet
van die waterval ,
met ñ glimlag
verstar op sy bleek gesig.

Dit was
ñ beautiful droom.
©