Woorde wat beelde skep: Susan Grobler

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Susan vir die uitstal van hierdie kreatiewe gedig.

Susan Grobler: Refleksies
steel ‘seblief vir ons ‘n vuurtjie...
en steek vir ons gondelswane en
sonsondergange aan die brand

verf roekeloos met jou palet
warmrooi vlamme oor
rimpelende kanale

kwas met jou onmeetlike talent
skilferende geboue en koepelvormige
brûe aanmekaar

waaroor ek kaalvoet na jou kan kom
om my brose geilte in die sloepe
van jou skuimende vestings uit te spoel

voordat jy skemertyd weer wegstippel
en jou beeld onderstebo verdwyn
in die waters van Venesië

© Splitpen II (Susan Grobler)