Piet Magriet Vader Jakob
(Afrikaanse weergawe van Frère Jacques)
Vader Jakob, Vader Jakob,
Slaap jy nog, slaap jy nog?
Hoor hoe lui die kerkklok
Hoor hoe lui die kerkklok
Ding, dong, dell
Ding, dong, dell
Baba Swart Skaap
(Afrikaanse weergawe van Ba-ba Blacksheep)
Baba Swart Skaap het jy baie wol?
Ja Baas, Ja Baas, drie sakke vol.
Een vir die Ounooi en een vir die baas
en een vir die seuntjie van Mooiplaas.
Muis en klok
(Afrikaanse weergawe van, Hickory Dickory Dock)
Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Die muis kruip in die klok,
die klok slaan een,
die muis draf heen.
Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Hompie Kedompie
(Afrikaanse weergawe van, Humpty Dumpty)
Hompie Kedompie sit op die wal;
Hompie Kedompie het hard geval.
Gee hom koljander,
en gee hom kaneel;
maar Hompie Kedompie word nooit weer heel.
Griet en Pieter
(Afrikaanse weergawe van, Jack and Jill)
Griet en Pieter, met 'n watergieter,
klim die berg uit op 'n draf,
maar Pieter die gly en Griet daarby -
hul kom bollamakiesie weer af.
Karalie Karool
(Afrikaanse weergawe van, Hey diddle diddle, the cat and the fiddle)
Karalie! Karool! Die kat speel viool,
die koeitjie die spring bo-oor die maan,
die hondjie die lag met al sy mag,
en die skottel en lepel loop saam.
My weergawe van Baba Swartskaap.
Baba Swart Skaap
Baba Swart Skaap
het jy baie wol?
het jy baie wol?
Ja Baas, Ja Baas, drie sakke vol.
Een vir die baas
een vir die nooi
Maar niks vir die seuntjie wat pis in die kooi!
Naas
Vader Jakob
(Afrikaanse weergawe van Frère Jacques)
Vader Jakob, Jou ou skaapkop,
Slaap jy nog, slaap jy nog?
Hoor hoe sing die skollies
Hoor hoe sing die skollies
Rock 'n Roll
Rock 'n Roll
Baba Swart Skaap
(Afrikaanse weergawe van Ba-ba Blacksheep)
Baba Swart Skaap het jy baie wol?
Ja Baas, Ja Baas, drie sakke vol.
Een vir die Ounooi en een vir die baas
Maar geen vir die seuntjie wat heelnag raas.
Muis en klok
(Naas se weergawe van, Hickory Dickory Dock)
Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Drie muise kruip in die klok,
die klok slaan een,
en die ander twee kom weg met kleiner beserings
Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Hompie Kedompie
(Naas se weergawe van, Humpty Dumpty)
Hompie Kedompie sit op die wal;
Hompie Kedompie het af geval.
Al die koning se mense
En al die koning se ruiters
Het roereiers vir onbyt gehad.

Dior Sunglasses is so
Dior Sunglasses is so beatiful that i am going to buy 3 pairs for this summer , but i find a online website who are selling Cheap Dior Sunglasses ,that will save a lot of money to buy them. and the online store is selling the Gucci Sunglasses too , many i will buy one for my wife.